top of page

KOM KAMP HIER EN ERVAAR DIE ONVERGELYKLIKE NATUURLEWE VAN DINOKENG

hartbeeste1.JPG
DINOKENG (aanhaling vanuit die Dinokeng amptelike webwerf)
 

"The Dinokeng Game Reserve is the first free-roaming Big 5 residential game reserve in Gauteng – and probably in the world – next to an urbanized area. It is a private/public initiative for which planning and development started in the early 2000’s. It was officially opened on 22 September 2011 after the introduction of four of the Big 5. The last of the Big 5 to be introduced in late 2012 were the Buffalo and they have settled in well.
 
The reserve boasts about 30 lodges ranging from camping and caravanning to self catering lodges; or tented accommodation and fully catered accommodation. A number of licensed restaurants offer a range of menus catering for young and old"

   
BREEK WEG EN KOM KUIER IN DIE BOS
​

HARTBEES BOSKAMP is ‘n boskamp ("Rustic"  - eenvoud, ru en stil) waar jy jou batterye kan kom herlaai en jou vreugde kan terugvind in die stilte van die natuur.  Jy sal gou besef dat dit die mekka van wildlewe vir die natuurfynproewer is - en dit op jou voorstoep, slegs 60 km van Pretoria.

 

 Die boskamp  is uitgelê tussen die tipiese bosveldbome en gras wat in die omgewing voorkom.

Kom ontspan en breek weg vir 'n dag of twee van die stadsgewoel, -geraas en gejaagheid!  Die geluide van die natuur en die wilde diere bring 'n besondere kalmte in die gemoed.

 

Bring jou tent en slaan dit op, op een van ons spesiaal geplaveide staanplekke.  Daar is verskeie tent en karavaan staanplekke.   Hoewel die kamp waarlik rof en rou [Rustic] is, is daar wel skoon kraanwater, gerieflike en skoon ablusiegeriewe, spoeltoilette en elektrisiteit.

​

Stilte en die natuur is wat ons jou bied!

 

_MG_0112%20(2)%20(Small).JPG

​

Hartbees Boskamp is nie baie groot nie en dus kan die stilte en natuur soveel te meer waardeer word!  Daar is baie wild te sien en die gronddam wat by die 'birdhide' naby die boskamp geleë is, sorg dat u sonder om die kamp te verlaat, talle diersoorte sal sien wat oppad is om water te gaan drink. Die "birdhide" is ook 'n gewilde plek om net daar te gaan stil sit en kyk watter voëls daar besoek aflê.

 

Weens die ligging van Hartbees Boskamp binne ‘Dinokeng Wildreservaat’ wat die Groot Vyf huisves, mag niemand buite die heining  van die boskamp self loop nie.  Die kamp is elektries omhein.

 

U kan egter met 'n permit verkrygbaar by Dinokeng se ingangshekke, op al die 'Self Drive' roetes en paaie met u eie voertuig ry.

​

​

 

WAAR IS ONS?

Geleë binne DINOKENG NATUUR RESERVAAT

naby Pretoria

 

Besoek ons  .... 
ENIGE TYD 
Maar bespreek vooraf!
HULP in die
Ruskamp.
Kontak:
Magda 0828794255
ZAK 0836305150 
​

 

© HARTBEES BOSKAMP  Proudly created by Dezz with Wix.com

bottom of page