top of page

Hartbees Boskamp

 

​​
​

​Let daarop dat die grond,  hoofpaaie na Dinokeng dikwels nie baie goed is nie deurdat dit sinkplaat gery word. Diegene wat woonwaens sleep moet stadig en versigtig op sodanige paaie ry.  Dikwels is daar ook nog diere op die pad en soms is vinnige vermindering van spoed nodig.

​

STAANPLEKKE OP DIE KAMPTERREIN

​

Die kampeerstaanplekke is geskik vir karavane, kampmotors en tente en wissel in grootte.

   Elke staanplek is teen die son deur middel van 'n skadunet  verskans.

    Elke staanplek is geplavei en toegerus met 'n waterpunt en 'n elektriese kragpunt, asook 'n braaiplek of braaier.

   Twee van die staanplekke (81 vk m)  is spesiaal ingerig vir families of klein groepe om lekker saam te kuier.  Elk van hierdie staanplekke het sy eie ablusiegeriewe (storte, toilette en wasbakke) met koue en warm water. 

Soos meeste goeie kampers bewus is, moet hul alles wat hulle benodig saambring.. Hier is nie winkels naby wat vinnig sal kan uithelp nie.   Jou eie braaihout is ook belangrik.  Die bome en plantegroei word saam met die dierelewe beskerm.
 
 'n Aparte skoon ablusieblok (toilet, stort en wasbakke) is omtrent 50 meter vanaf die staanplekke beskikbaar vir gaste.
​
Julle mag maar probeer om die stilte op te gebruik!
Besprekings

 

Bespreek 'n tent- of woonwa staanplek op die terrein en wees verseker van 'n onvergeetlike verblyf tussen die wilde diere wat gedurig tussen die weiveld en die drinkplekke rondbeweeg.  Die naggeluide van wilde diere, voëls, paddas, ens  is onbeskryflik mooi.

Besprekings

 

SKAKEL:

 

Magda - 082 879 4255

Zak      - 083=6305150

​

 

Bespreek 'n staanplek vir u woonwa of camper of 'n tent en wees verseker van 'n onvergeetlike verblyf tussen die wilde diere wat gedurig tussen die weiveld en die drinkplekke rondbeweeg.  Die naggeluide

van wilde diere, voëls, paddas, ens  is onbeskryflik mooi.

Indien u een van die toegeruste karavane op die terrein wil

gebruik moet u egter u eie beddegoed (lakens, komberse

en kussings asook handdoeke) saambing.

    Die woonwaens is bv toegerus met elk sy eie yskas, stofie,

elektriese ketel, mikrogolfoond en ander items soos eetgerei en buite braaiplek. 'n Aparte ablusieblok (toilet, stort en wasbakke)

50 meter van die woonwaens is ook beskikbaar vir gaste

bottom of page